# Week 19: Mango Smoothies

Source: https://www.voorskootstories.co.za/week-19  
Last updated: 2025-11-15

### **19 wekies! 🥭**

Baba-lyfie is hierdie week so groot soos ’n mango!

Ek kan dit nie glo nie… Ek het gou na ons oggend-stappie gaan mangoes koop en die goed so staan en kyk want sjoe dit lyk dan groot. Na ek by die huis kom het ek een sommer teen my maag gehou, en ja, jy kan dit rêrig sien. Dis ongelooflik hoe vinnig tyd vlieg. Ek dink wel teen week 30 gaan ek seker lag oor hoe “groot” ek nou dink die mango (en my maag al) is 😅

Maar ek moet dan maar lag, op die stadium voel dit groot, ek moes hoeka hierdie week meeste van my toppies en rokkies wegpak, want die gaan nie verder gedra kan word hierdie jaar nie. Voorheen *baggy band t-shirts* is nou my oefenklere, want my mooi toppies laat my pens uitsteek 😄

En julle, kan ons net praat oor die weer?! Dit voel of ons heeltemal lente oorgeslaan het en sommer reguit in die somer ingeduik het. Gauteng is vuurwarm – so mango smoothies vir ontbyt was ’n móét. Vars en verfrissend. Perfek vir die warm somersoggend.

![](https://www.voorskootstories.co.za/_assets/media/1334ddd096-img-4066.jpg)

![](https://www.voorskootstories.co.za/_assets/media/f9b2458e8f-865f29ce-fdbf-475a-b4a4-37b203b54fa8.png)

![](https://www.voorskootstories.co.za/_assets/media/8f5042bebd-54516a2d-df75-4897-81d4-163abf33fa67.jpg)

Nog ’n lekker mylpaal hierdie week: ons het die laaste kantoor-goedjies uit die “home-office” geskuif (en by ons kantoor ingetrek), en dit beteken daai vertrek gaan die babakamer word!  Ek dink ons sal dalk teen volgende naweek al beginne verf, en dan begin die nesskrop eers 🤩

---

### **Mango Smoothie ☀️🥭**

#### Bestanddele

- 1 ryp Mango, geskil en in blokkies gesny
- 1 koppie Jogurt
- ½ koppie Koue Melk 
- 2 scoops Whey Protein (opsioneel)
- Heuning na smaak
- ’n Handvol ysblokkies

#### Metode

1. Gooi al die bestanddele in ’n blender
2. Meng tot glad en romerig

Dis so vinnig, so maklik, en definitief ideaal vir hierdie warm weer.
