# Week 25: Blomkool

> Blom waar jy geplant is 🌼

Source: https://www.voorskootstories.co.za/week-25  
Last updated: 2025-11-15

### 25 wekies! 🥦

As jy vir my gesê het ek gaan op 25 weke swanger die besigste wees wat ek nog ooit was — werk, persoonlik, emosioneel — en steeds genoeg energie hê om, pensie en al, tot ná middernag te dans by my nefie se troue… sou ek vir jou gesê het:

“Ja sure, buddy” 😅

En tog, hier is ons.

Nie net aan die gang nie, maar aan die **blom** met my **blomkool**-grootte babatjie wat mooi en gesond groei.

![](https://www.voorskootstories.co.za/_assets/media/53bd735cbb-1c8db25d-3f97-4864-8270-a6c8b71d9911.jpg)

Soos genoem, is ons lekker besig. Dis beslis nie altyd maklik om op te staan en jou beste voetjie voor te sit en te “*blom waar jy geplant is*” nie. Veral nie as dinge dol raak nie. Maar dis moontlik. Hoe moeiliker die dag wat voorlê vir my lyk, hoe ouliker en kleurvoller kies ek my outfit. Want as ons gaan pitch, dan pitch ons *dressed-for-success* en *ready-to-roll* 😉 Ek weet mos waar my krag vandaan kom, so hoekom sal ek worry of moeg raak? Ek sê dit baie, maar bedoel dit beslis: ons is só ongelooflik geseënd.

![](https://www.voorskootstories.co.za/_assets/media/17409d9208-img-5710.jpg)

Tussen-in die malste, besigste Oktober van ons lewens het ons nog ’n vinnige Kaap-trippie ingedruk vir die Vermeulen-fees. En was dit nou vir jou ’n fees: ’n naweek van saligheid, dans, familie, liefde en net…wees 😌

Met al die besigwees en ’n paar dae wat ons nie tuis was nie, het ek gewonder wanneer ek wat gaan maak met blomkool vir die week se blog, ek het gedink waarskynlik net ’n vinnige kaassous-versmoorde blomkool-bom saam met hoender en rys vir ’n aandete êrens 👀🧀

Maar toe verras Kaapstad Lughawe se lounge my met die heerlikste *Curried Cauliflower*-tertjie. En asof die blomkool-tertjie nie reeds genoeg van ’n *random* bederfie was nie, kry ek ook ’n sonneblom *poesy,* want iemand anders was nie lus vir die *schlep* van vlieg met blomme nie 😯

![](https://www.voorskootstories.co.za/_assets/media/4403d19731-img-5235.jpg)

![](https://www.voorskootstories.co.za/_assets/media/9d13a5f85e-img-5234.jpg)

![](https://www.voorskootstories.co.za/_assets/media/408e40b716-95d3dd5c-9e34-447c-a332-adbe35037761.png)

So hier sit ek op die vliegtuig en skryf, **blom**kool in die maag, sonne**blomme** op my skoot, en my **blommie**-kabouter aan my sy en ons vat die pad terug huis toe, gereed vir nog ’n besige week. Nog ‘n seën. Nog ‘n rede om te glimlag.

Kom ons gaan **BLOM** waar ons geplant is 🌻💛
