Week 5: Sesame Burger Buns

Week 5: Sesame Burger Buns

5 wekies! 🍔

Steeds ’n saadjie, maar al ’n tikkie groter as verlede week. Babalyfie is nou so groot soos ’n sesamsaadjie.
En wát ’n klein, maar kragtige saadjie is dit nie! Sesamsaad kom in wit, swart en “natuurlike” variasies voor, en word wêreldwyd op soveel maniere gebruik: gepars tot olie, verwerk in romerige tahini, gestrooi oor disse, sushi of bagels, of selfs gebak in beskuitjies en gesondheidsstafies.
Dalk klein, maar vol potensiaal.
Week 5: Sesame Burger Buns
Met soveel moontlikhede het ek nogal gewik en weeg wat ek sal maak 🤔 Ietsie Oosters soos teriyaki-hoender met geroosterde sesam? Of dalk ’n lekker dukkah met olyfolie en ’n vars suurdeegbroodjie? ’n Romerige hummus met tahini in? Die opsies was net te veel, en alles klink té lekker!
Maar uiteindelik het ek besluit op iets eenvoudig: varsgebakte sesame burger buns 🍞 Manlief het die patties gebraai, en ek het die sagte rolletjies gebak met ’n mengsel van wit en swart sesamsaad bo-op. Die burgers is natuurlik ordentlik afgerond met gherkins, tamatie, kaas, ’n mushroom-en-peper-sous (want my man reken hoekom moet mens dan kies tussen mushroom- of pepersous…maak net ‘n sous met albei in 😜) en tuisgemaakte rustic fries.
’n Partytjie op ’n bord 🍔🍟🎉
Week 5: Sesame Burger Buns
Week 5: Sesame Burger Buns
Week 5: Sesame Burger Buns
 
Ek het nie ’n volwaardige resep vir die week nie, maar hier is hoe ek gemaak het:
 

Buns 🥖

Ek het winkeldeeg gebruik (want selfs foodies is soms lui 😅), dit in bolletjies gerol, laat rys, en toe met sesamsaad bestrooi voor bak.
Week 5: Sesame Burger Buns
Week 5: Sesame Burger Buns
Week 5: Sesame Burger Buns

Patties 🔥

  • My go-to vinnige “mengsel”:
    • 1 kg Lean Maalvleis
    • 1 Eier
    • Sout & Peper
    • ’n Katspoegie Worcester-sous
    • 1 pakkie Brown Onion Soup powder
    • As ek brood in die huis het, gaan daar ’n snytjie by (fyngedruk); anders gebruik ek 1–2 lepels koekmeel.
  • Meng alles, vorm in patties, en Bob’s your uncle.
Week 5: Sesame Burger Buns
Week 5: Sesame Burger Buns
Week 5: Sesame Burger Buns

Tjippies 🍟

Sny aartappels in wedges, kook in water tot net-net gaar (nie pap nie), en bak dan in die oond of airfryer teen 190°C met olyfolie, sout en kruie tot goudbruin en crispy buite tog sag binne.
Week 5: Sesame Burger Buns
 

Mushroom-en-peper sous 🍄‍🟫

Braai sampioene in lekker baie botter, gooi dan so eetlepel meel by en roer goed deur. Voeg melk bietjie-vir-bietjie by terwyl jy roer tot die sous die dikte het wat jy verkies. Geur met sout, witpeper, baie vars gekraakte swartpeper, en ’n knippie gedroogde roosmaryn 🌿